![]() |
||||||||||||||||||||||||||
![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||||||||
![]() |
Wie
is die Vriende van Afrikaans? Ons is ’n groep mense wat werk vir Afrikaans. Ons is nie polities, seksisties, rassisties of godsdiensvoorskriftelik nie. Kortom, almal wat wil saamwerk, is welkom. Let op: ons weet baie goed wat die waarde van meertaligheid is, maar is terselfdertyd pront en onbeskaamd Afrikaans. As jy ook so voel, laat van jou hoor en help ons om ons taal te laat klink! |
|||||||||||||||||||||||||
| Simboliek
van ons nuwe logo Die Vriende van Afrikaans gebruik die boompie as logo omdat ons die eienskappe van geworteldheid, groei en lewe met Afrikaans vereenselwig. Die buitelyne van ’n deeltjie van die Afrika-kontinent is gepas omdat Afrikaans ’n taal van Afrika is. Die rooi deel van die stam het Piet gebruik enersyds omdat rooi die kleur van lewe is, maar dit is ook ’n speelse verwysing na die akkerbome van Stellenbosch wat gedurende Julie 2008 deur die landskapskunstenaar Strydom vd Merwe in rooi getooi was. Stellenbosch is immers die geboorteplek van die Vriende van Afrikaans. Baie dankie aan Piet Grobler vir die konseptualisering en ontwerp van ons logo. Dankie ook aan Riana Rossouw vir die ontwerp van ons webwerf. Sy is ook ons nuwe webmeester. |
||||||||||||||||||||||||||