 |
 |
| Die
volgende items is by ons kantoor te koop |
| CD's |
- Ou
Vriende
(Dubbelalbum)
van Afrikaanse kunstenaars en kore
Hierdie CD’s is met groot sorg saamgestel deur ’n
musiekkenner, dr Etiénne Smit, van Wellington. Enkele van
die 21 snitte op CD 1 is deur Jannie du Toit, Laurika Rauch, Lucas
Maree, Gé Korsten, Fanie de Jager, Amanda Strydom, ens.
CD 2 bestaan uit 16 pragtige koormusieksnitte van o.a. die Libertaskoor,
US Koor, Cutt Glas, Pro Cantu Jeugkoor en die RAU Koor.
R100 plus R15 posgeld
- Slim
Kabouters/Clever Elves
Ons verkoop hierdie Afrikaanse CD vir kleuters wat begin om op
’n rekenaar te speel. Dit leer hulle van die begin af om
die Afrikaanse terme te gebruik. As die kinders nog nie kan lees
nie, het hulle wel ouerbegeleiding hiervoor nodig.
R90 plus R15 posgeld
- DVD
oor generaal De la Rey, genaamd "Die Leeu van Wes-Transvaal".
Teks
deur prof Fransjohan Pretorius van UP
R100 plus posgeld
- Akkerpret
in Bybelpark - DVD
|
| |
 |
| Ntoni/Wat/What:
Hierdie kleurvolle drietalige, tematiese prentjiewoordeboek vir kinders
en enigiemand wat sy Xhosa-woordeskat wil uitbrei, is by ons te koop
vir R60 plus R15 posgeld. |
| Voetslaankaart
van Tafelberg: Ons verkoop hierdie Afrikaanse kaart met 18
voetslaanroetes van die pragtige omgewing vir R20. |
| Pieter
van der Westhuizen Gedenkbundel: Hierdie kosbare bundel (277
bladsye) bevat feitlik al Oom Pieter se toonsettings en verwerkings
van Afrikaanse kerkmusiek. Elke orrelis en koorleier in die land behoort
een te besit. Dit kos net R160 plus R15 posgeld. |
Nuwe
publikasie: Dae uit ons geskiedenis - Besigtig
'n voorskou
366 bladsye - A5; ISBN: 978-0-9814177-6-9
Hier is ’n spesiale aanbod vir hierdie pragpublikasie: Bestel
en betaal die boek vooraf teen R130 en bespaar R57. Normale prys
R187.
E-pos of faks (0866 750
776) u naam, adres en alle kontakbesonderhede tesame met die betalingsbewys.
Enige navrae in hierdie verband: Tel: 021 465 0025
Bankbesonderhede:
Griffel Media
FNB, Rek: 62171982559, Tak: 252045
Gebruik asb u voorletter en van as betalingsverwysing.
Die publikasiedatum het intussen verskuif.
Vir meer inligting, gaan na
http://www.griffel.co.za/afr_dae_prepub.htm
|
Historiese
Dagboek
Hierdie
publikasie bestaan uit 365 inskrywings van ’n belangrike gebeurtenis
in die geskiedenis plaasgevind het. Daar is een gebeurtenis vir elke
dag gekies, maar daar is ook aandagkolle wat verwys na ander gebeurtenisse
op daardie dag hier en ook elders in die wêreld. Elke inskrywing
is voorsien van bronverwysings vir lesers wat meer oor die betrokke
dag se gebeurtenis wil lees. Ons voorsien dat dit ook baie vrugbaar
deur geskiedenisonderwysers en ouers gebruik sal kan word om jongmense
se belangstelling in ons geskiedenis te prikkel. Griffel
Media gee die boek uit en dit is op 23 Oktober 2009 op Stellenbosch
bekend gestel. Dis ‘n boek wat op jou bedkassie hoort, net
onder “Uit die Beek”! Dit verkoop goed, so, sny ‘n
lyn boekwinkel toe!
Lees
'n uittreksel uit die boek
|
Audio-Visuele
Pakette
Pakette
vir klaskamer onderrig oor 'n verskeidenheid temas is beskikbaar.
Die temas van hierdie pakette is: Wilde diere, Die vier seisoene,
Mense wat ons help, Kommunikasie, Vervoer, Troeteldiere, Soorte
plase.
U kan
na 'n uittreksel van die insetsels hier
op You Tube kyk.
Vir
meer inligting en bestellings, klik
hier. |
Vespers
van Racmaninof op CD
Ná ses baie suksesvolle uitvoerings van die Afrikaanse
vespers van Rachmaninof, is die CD nou beskikbaar. Die CD is ‘n
multi-media CD. Dit beteken dat die volledige teks en die Engelse
vertaling sowel as die bladmusiek en programnotas ook op die CD beskikbaar
is.
Dit
kry u alles vir R120. Skakel ons gerus by 021 8083744/5 of stuur
‘n e-pos na vvafr@sun.ac.za
as u belangstel.
|
|